Scan barcode
A review by jozi_girl
Donkerdrif by Deon Meyer
4.0
4.5 stars
Ek moes hierdie book skelmpies lees voor ek dit vir my swaer gee vir sy verjaarsdag.
En wat ‘n lekker lees was dit nie.
Noudat Bennie En Cupido se loopbane by die Valke in twyfel getrek word, is hulle gepos na Stellenbosch en dinge is net nie dieselfde nie. Nou moet hulle belaglike goed soos vermiste (tien teen een dronk) studente ondersoek wat regtig VER onder hulle polisie vaardigheid val.
Soos Cupido se “dis ‘n clusterfuck van magnificent proportions”
Daar is 3 storie lyne wat op die oog af niks met mekaar te doen het nie maar soos die storie aanstap trek al die lydrade saam.
Ek moet wel erken dat ek meer belang gestel het in Bennie en Cupido se persoonlike dramas as die speur sake maar soos altyd het ek niks om oor te kla met hierdie reeks nie.